Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 16 JULIE 2017

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga gelees deur ................ [jou naam, roepsein en QTH]

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondagoggend ‘n nuus bulletin om 08:15 Sentraal-Afrikaanse Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal-Afrikaanse Tyd in Engels uit op HF asook op baie BHF- en UHF-herhalers regoor die land. Echolink luisteraars kan by ZS6JPL inskakel vir 'n herleiding. 'n Potgooi is beskikbaar op die Liga se webwerf.

Hierdie audio bulletin kan afgelaai word vanaf die Liga se webwerf by www.sarl.org.za waar jy hierdie sowel as vorige bulletins in teks formaat onder die nuusskakel aan die linkerkant van die webblad sal vind. Terwyl jy daar is, kan jy inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin hierdie bulletin met nuus van twee stil sleutels

Dit is met leedwese dat die Tuinroete-amateurradioklub moet aankondig dat die sleutel van Chris Nortier, ZS1FA, van Glentanan op Sondag 9 Julie in sy 81ste jaar stil geword het.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy vrou Georgie, familie en baie vriende.

Dit is met leedwese dat die Centurion Amateurradioklub moet aankondig dat die sleutel van Jimmy Momberg, ZS6APS, op Dinsdag 11 Julie om 23:30 stil geword het nadat hy 'n operaie ondergaan het vir gebreekte heup en gekraakte ribbes. Hy het 4 beroertes gely na die operasie.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan Pam, ZS6APT, sy familie en baie vriende.

POUSE

In die nuus vandag,

DIE ZS2 NAELLOOP VOLGENDE NAWEEK

ICASA-LISENSIËRINGS SAKE

en

NUWE FT8 MODUS IN WSJT-X SE BETA VRYLATING INGESLUIT

Bly op die hoogte vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

KENNISGEWING VAN ZARK AJV

Let asseblief daarop dat die AJV van die Zululand Amateurradioklub om 12:00 by die Eagles Nest in Eshowe sal plaasvind, gevolg deur middagete om 12:30.

DIE ZS2 NAELLOOP VOLGENDE NAWEEK

Die ZS2 Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in die Oos-Kaap en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Die Naelloop is op Sondag 23 Julie 2017 van 14:00 tot 15:00 UTC op die lug. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en provinsiale of landafskorting. Die ZS2 Naelloop is 'n foon en gelykgolf kompetisie op die 40 meter band met 7 000 tot 7 040 kHz vir CW en 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz vir foon.

ZS2-stasies kry 1 punt vir 'n QSO met 'n ZS2-stasie en 2 punte vir 'n QSO met 'n stasie in die ander ZS-roepareas of Suider-Afrikaanse lande. Alle ander stasies kry 2 punte vir 'n QSO met 'n ZS2-stasie en 1 punt vir 'n QSO met stasies in hul eie of ander ZS-roepareas (uitgesluit ZS2) of Suider-Afrikaanse lande. QSO's met die Port Elizabeth Amateurradiovereniging, ZS2PE, en die Grens Radioklub, ZS2BRC, is 5 punte elk werd. Slegs een kontak per stasie is toegelaat.

Logstate in ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein ZS2 Naelloop" moet teen 30 Julie 2017 per e-pos aan thmjp200@gmail.com ingedien word. Moet nie die e-pos adres in die 2017 Blou Boek gebruik nie. 'n Sertifikaat word toegeken aan die eerste, tweede en derde plek in die kompetisie.

ICASA-LISENSIËRINGS SAKE

Die Suid-Afrikaanse Radioliga is bewus van lede wat probleme het met die oplos van hul verskillende lisensiërings kwessies, veral in die geval van 'n gekanselleerde lisensie. Die Liga is meer as bereid om lede te help, maar kan dit slegs doen indien die volgende basiese inligting in die geval van gekanselleerde lisensies verskaf word:
'n Afskrif van hul kommunikasie/s met OKOSA.
'n Afskrif van hul nuutste lisensie.
'n Afskrif van die betaling/s wat gemaak is na hierdie nuutste lisensie.
'n Voltooide OKOSA Aansoekvorm
'n Afskrif van hul Identiteitsdokument
Bewys van betaling vir die heraansoek geld, en
Oorspronklike RAE uitslae of HAREC sertifikaat

In die geval waar 'n lid vir 'n meervoudige jaar lisensie (2 jaar tot 5 jaar) betaal het en slegs een jaar lisensie ontvang het, moet die volgende inligting verskaf word:
'n Afskrif van hul kommunikasie/s met OKOSA, en
'n Afskrif van die betaling wat gemaak is vir 'n meervoudige jaar lisensie.

Stuur asseblief jou versoek om hulp, insluitende al die dokumentasie, na secretary@sarl.org.za. Gebruik jou roepsein en lisensie nommer as die onderwerp in die e-pos.

Verwys asseblief na die volgende dokument vir omvattende inligting rakende lisensiëring by www.sarl.org.za/public/ICASA/ICASA_Docs.asp en kies die dokument "ICASA Amateur Radio Licenses General Information V2."

'N NUWE HAMMIES KLUB

SARL Nuus het die afgelope week kennis geneem van 'n nuwe Hammies-klub. Baie geluk en welkom aan die ZS3ZU Hammies-klub wat die Noord-Kaap bedien. Sterkte aan Pieter en sy span.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

NUWE FT8 MODUS IN WSJT-X SE BETA VRYLATING INGESLUIT

'n Beta-weergawe van WSJT-X, weergawe 1.8.0-rc1, sluit 'n nuwe FT8-modus in, met 'n vinniger ommekeer en dit is reeds op die bande. Volgens die aantekeninge vir die kandidaat-uitgawe bied FT8 "sensitiwiteit tot -20 dB op die AWGN-kanaal" en kontak vier keer vinniger as JT65 of JT9. 'n Outo-volgorde-funksie bied die opsie om outomaties te reageer op die eerste gedekodeerde antwoord op jou CQ. Die beta WSJT-X bied ook 'n nuwe modus vir akkurate frekwensie kalibrasie van jou radio, verbeterde CAT radio beheer en verbeterde JT65, QRA64 en MSK144 dekodeerder prestasie.

Volgens The Daily DX het Frank Donovan, W3LPL, op 11 Julie berig wat hy "baie semi-rare DX-aktiwiteit" genoem het deur die nuwe FT8-modus te gebruik. Hy noem A92AA, OY1DZ, VR2XMT en YE2IJ op 40 meter en TR8CA en YI3WHR op 20 meter.

Dankie aan die ARRL Contest Update en The Daily DX vir hierdie item

DIE GROTE PRESTASIES VAN ONS VROEË RADIO AMATEURS

Ons vroeë radio amateurs was groot eksperimenteerders en pioniers, hulle was verantwoordelik vir die ITU om amateur radio as 'n amptelike radio diens te erken en dus geregtig op toegewyde amateur bande in die radio spektrum.

1921 - Paul F. Godley het 'n tydelike radio luisterpos in Skotland opgestel en vir die eerste keer amateur radio seine van die VSA op die korter golflengtes op gevang.
1923 - Leon Deloy, 8AB, van Frankryk en Fred Schnell, 1MO, in die VSA, het die eerste inter-kontinentale DX QSO op kortgolwe gemaak. In dieselfde jaar het KDKA in Pittsburgh, Pennsilvanië, VSA, op 100 meter (3 MHz) begin werk. Word die eerste kortgolf uitsending stasie ter wêreld.
1924 - Radio-amateurs maak nou wêreldwye kontakte op kortgolwe en John Streeter, FO-A4Z, het die eerste kontak tussen die Unie van Suid-Afrika en die VSA op 36 meter gemaak.
1931 - Amateurs in die VSA het op 5 meter (56 MHz) met foon begin eksperimenteer met behulp van super regenerative send/ontvangers en bereik afstande buite die lyn van visie van hierdie ultra hoë frekwensies.
1934 - Ross A. Hull (ex VK3JU) het Tropo-voortplanting in die VSA oor 160 km op 56 MHz, 112 MHz en 224 MHz (5, 2½ en 1¼ meter onderskeidelik) ontdek, wat tydens temperatuurinversies tot S9 bereik het.
1937 - Bert Howes, ZS1AL (later ZS6HS) in Kaapstad, het die AM TV-klank van Alexandra Paleis in Londen, Engeland op 41,5 MHz ontvang. Dit is deur die BBC bevestig as die langste afstand in die wêreld dat TV-klank ooit gehoor was op daai oomblik.

UITSLAE VAN DIE SARL TOP BAND QSO GESELLIGHEID

Uit die logstate wat ontvang is, was daar nogal baie bietjie aktiwiteit, maar ongelukkig is daar slegs sewe logstate ontvang. Die uitslae is soos volg

1ste Lukas Holtzhausen, ZS6LH - 221 punte
2de Ed Willers, ZS6UT - 218 punte
3de Johannes van Zijl, ZS4DZ - 212 punte

Dankie dat jy jou log ingedien het.

KEMPTON PARK AMATEURRADIO TEGNIESE VERENIGING JAARLIKSE SNUFFELMARK

Die jaarlikse snuffelmark van Kempton Park Amateurradio Tegniese Vereniging (KARTS) vind plaas vanaf 10:00 op Saterdag 5 Augustus 2017 by die NG Kerk op die hoek van Maraboe en Grasuilstraat, Birch Acres, Kempton Park. Al die gereelde handelaars sal nuwe en tweedehandse toerusting en ander goedere verkoop. Daar is baie ruimte vir individue wat graag van hul kattebakke wil verkoop, of hulle kan 'n tafel bespreking maak sonder enige koste. Eet- en drinkgoed sal vroegoggend beskikbaar wees! Hierdie geleentheid beloof om 'n interessantste, aangename en onvergeetlike dag te wees. Vir enige tafel besprekings of enige ander navrae, kontak asseblief die klub sekretaris Lucia, ZS6LO, by 082 455 5363 of e-pos club@zs6kts.co.za. KARTS sien uit daarna om jou daar te sien!

VOORTPLANTINGS VOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig gaan wees. Reuse sonvlek AR2665 kan die bron van sterk sonfakkels wees. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer ses-en-twintig vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 20 en 30 m bande verwag. Plaaslik gaan 60 m gedurende die dag die beste voortplanting oor korter afstande oplewer. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Ten slotte, 'n dagboek van sommige komende gebeure:

Vandag - die Zululand ARK se AJV
23 Julie - die ZS2 Naelloop
29 en 30 Julie - die RSGB IOTA-kompetisie
5 Augustus - die jaarlikse snuffelmark van KARTS
06 Augustus - die SARL HF Foon kompetisie
19 en 20 Augustus - Internasionale Vuurtoring Naweek
20 Augustus - die SARL HF Digitale Kompetisie

Om ons bulletin af te sluit, 'n vinnige oorsig van ons hoofnuus

Die ZS2 Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in die Oos-Kaap en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Die Naelloop is op Sondag 23 Julie 2017 van 14:00 tot 15:00 UTC op die lug. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en provinsiale of landafskorting. Die ZS2 Naelloop is 'n foon en gelykgolf kompetisie op die 40 meter band.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Carina Green, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003